Terms of service

📘 Terme en Voorwaardes: Studiekaarte en Studiemateriaal

1. Kopiereg en Gebruik

Alle studiemateriaal, insluitend Studiekaarte, opsommings, oefenvraestelle en verwante inhoud, is beskerm deur kopiereg.

  • Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik deur die koper.

  • Geen deel mag gekopieer, versprei, gedeel, verkoop, opgelaai of herverkoop word sonder vooraf skriftelike toestemming nie.

  • Digitale dokumente word gewatermerk met ’n unieke bestel- of ordernommer.
    Dit help ons om ongemagtigde verspreiding maklik op te spoor indien dit sou plaasvind.

Ons vertrou dat ons kliënte hierdie materiaal met respek sal gebruik 🌱


 

2. Akkuraatheid en Aanspreeklikheid (Disclaimer)

Ons stel al ons studiemateriaal saam na die beste van ons vermoë, met groot sorg om:

  • korrekte feite,

  • toepaslike inhoud,

  • en kurrikulum-verwante inligting (soos CAPS) in te sluit,
    sover dit tot ons beskikking is op die tydstip van samestelling.

Tog:

  • kan geen studiemateriaal alle moontlike vrae, variasies of assesserings dek nie;

  • en kan ons nie aanspreeklik gehou word indien:

    • inhoud per ongeluk uitgelaat is,

    • ’n fout voorkom,

    • of indien ’n leerder punte verloor het om enige rede nie.

Studiemateriaal is ’n hulpmiddel, nie ’n waarborg vir prestasie nie 😊


3. Help ons om beter te word 🤝

Ons waardeer terugvoer opreg.

Laat weet ons asseblief so gou moontlik  indien jy ’n fout raaklees, iets sien wat onduidelik is of dink iets belangrik is uitgelaat,


Ons maak graag reg, verbeter waar nodig, en glo dat ons só mekaar help om beter leerhulpmiddels te bou.